Jalal Uddin Rumi

Jalāl ad-Dīn Muhammad Rūmī
Standbeeld van Jalāl ad-Dīn Muhammad Rūmī in Buca

Gebore 1207
Wakhsh of Balkh, Chorasmiede-ryk, Groter Iran
Oorlede 17 Desember 1273 (op 65–66)
Konya, Rum-sultanaat
Plek van graf Konya, Turkye
Burgerskap Persies
Nasionaliteit Persies
Vakgebied Sufi poësie, Hanafi regspraak
Bekend vir Sufi swaai, Muraqaba
Mathnawī-ye ma'nawī, Dīwān-e Shams-e Tabrīzī, Fīhi mā fīhi
Beïnvloed deur Baha-ud-din Zakariya, Attār, Sanā'ī, Abu Sa'īd Abulḫayr, Ḫaraqānī, Bayazīd Bistāmī, Šamse Tabrīzī
Invloed op Shah Abdul Latif Bhittai, Kazi Nazrul Islam, Abdolhossein Zarrinkoob, Abdolkarim Soroush, Hossein Elahi Ghomshei, Sir Dr. Allama Muhammad Iqbal

Jalāl ad-Dīn Muhammad Balkhi (Persies: مولانا جلال الدین محمد بلخى رومی), ook bekend as Jalāl ad-Dīn Muhammad Balkhī (جلال‌الدین محمد بلخى; Balch, 30 September 1207Konya, 17 Desember 1273) was 'n filosoof, soefi-mistikus en digter van Persiese afkoms. Rumi was 'n tydgenoot van die Sufi-mistieke Haji Bektash Veli. Rumi is een van die belangrikste figure uit die Persiese digkuns. In godsdienstige kringe staan hy ook bekend as Mawlānā/Mevlânâ (مولانا, "ons meester") of Mevlevî/Mawlawī (مولوی, "my meester"). 'n Bekende werk van Rumi is die Masnavi.

Rumi het sy skryfwerk in 1258 begin maar voordat dit voltooi is, is hy in 1273 oorlede. Die Masnavi bevat meer as 25 000 verse en word ook die 'Persiese Koran' genoem.

Rumi se onderwyser was die geheimsinnige Shams Tabrizi. Die boek Liefde ken veertig reëls deur Elif Shafak vertel die 40 reëls van Shams Tabrizi sowel as die ontmoeting tussen Shams en Rumi.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search